|
'n Naam vir Australopithecus sediba?
Kan jy aan 'n naam dink vir Suid-Afrika se nuutste fossielkind? Daar is lekker pryse te wen!
Besoek:http://web.wits.ac.za/Academic/Research/IHE/Discovery/NamingCompetition.htm vir meer inligting.
Maar opskud! Die kompetisie sluit op 2 Mei 2010 - dis Sondag!
Wetenskapekspo 2010
Is jy nuuskierig en avontuurlustig? Hou jy daarvan om ondersoek in te stel, dinge te doen wat jy nooit gedink het moontlik is nie en nuwe mense te ontmoet? Dan is jy die perfekte ekspo-kandidaat!
Neem in 2010 deel aan die Eskom wetenskapexpo en word deel van 'n groep wetenskapentrepreneurs!
Die eerste rondte uitdunne vind by die skool plaas. As jou projek gekies word, neem jy verder deel aan die Gauteng-Noord ekspo. Jy kan selfs vorder tot by SA's.
Elisca Marais het in 2009 'n goue medalje by SA's verwerf met haar projek oor diabetes-onderwyshulpmiddels.
Belangrike datums:
15 Julie 2010: Inskryfvorms na juf. Alma (N1)
22 Julie 2010: Wierdas wetenskapexpo in die skoolsaal
20 & 21 Augustus 2010: Gauteng-Noord wetenskapekspo by L.C. de Villiers (TUKS). LET WEL: DIE DATUM HET VERANDER EN IS NIE MEER BEGIN SEPTEMBER NIE.
Septembervakansie 2010: SA wetenskapekspo by L.C. de Villiers
Waar begin ek? Wat doen ek?
'n Inligtingsaand is reeds in die eerste kwartaal gehou. Verder kan jy met juf. Ingrid (K1) of juf. Alma (N1) kom gesels.Hulle sal vir jou verduidelik wat om te doen. Jy kan ook met vorige jare se deelnemers praat om te hoor wat hulle gedoen het en hoe hulle te werk gegaan het. Die belangrikste is OM SOLANK 'N ONDERWERP TE KRY EN TE BEGIN SNUFFEL EN VRAE TE VRA!
Onthou: 'n ekspotaak word nie binne 'n week aanmekaargetimmer nie. Dit verg baie werk en probeerslae. Begin dus nou!
Besoek gerus vir meer inligting:
* www.exposcience.co.za (amptelike webblad) * www.imstus.sum.ac.za/EXPO.html (Hierdie bevat goeie algemene riglyne, hoewel datums, plekke, ens. streeksgebonde - Stellenbosch - is.)
* * *
Wat maak die graad 7's daar?
Ontkiemende sade onder die vergrootglas
 
Plante onder die mikroskoop

Gr. 7's besoek die Botaniese Tuin!

 

 
 
* * *
|