|
Aandag alle ouers:
Die volgende projekte is oop vir kwotasies - I00000006 Teël van Skoolsaal se -voorportaal, -badkamers -en kombuis. (Sluitingsdatum: 13April)
NB! Die prosedure is op ons Blog en sal streng gevolg word www.wierdas.co.za -> Blogs -> Instandhouding /Sluiting Ons versoek ook dat enige kommentaar, voorstelle en klagtes gestuur word aan:
Hierdie e-posadres is beskerm teen "spambots". Jy moet JavaScript aktiveer om dit te besigtig
Beheerliggaam : Geboue en Terrein
In hierdie blog beplan ons om u as ouer en voog van Laerskool Wierdapark op hoogte te hou van wat op die instandhoudingsfront afgehandel is, wat nog gedoen moet word en wat beplan is.
Die volgende kwotasie prosedure is ingestel en sal gevolg word.
-
Daar sal vir elke projek 'n kwotasie met 'n verwysings nommer gerigistreer word.
-
Die projek, tesame met die verwysings nommer, sal op hierdie Blog asook in die Wierie geadverteer word.
-
Belangstellendes kan die skool op die kantoor nommer skakel en versoek dat 'n afskrif aan hulle gefaks word.
-
Daar sal aan die belangstellendes die aanvraagvorm tesame met 'n voorwaarde vorm gefaks word.
-
Op die kwotasie moet die volgende wees:
-
Kwotasies moet streng volgens die aanvraagvorm opgestel word. Hou asb by gestipuleerde tipe materiaal, kleur, dikte, groottes, handelsname ens.
-
Geen kwotasies sal aanvaar word na die gestipuleerde afsnydatum en tyd nie.
-
Indien lewering nie op die gestipuleerde datum en tyd en volgens die kwotasie plaasvind nie, behou die skool die reg voor om die bestelling te kanselleer en/of betaling te weerhou.
-
Kwotasies mag op die volgende maniere voor of op die gestipuleerde tyd ingedien word :
Geen ander ePos adres mag gebruik word nie. Kwotasies wat aan ander ePos adresse gestuur sal nie oorweeg word nie
GEEN GEFAKSTE KWOTASIES WORD AANVAAR NIE.
-
Geen verskaffer mag enige gratis apparaat, hemde of enige ander gratis aanbieding as deel van die kwotasie insluit nie – die kwotasie mag slegs die gestipuleerde items dek.
-
Geen personeellid mag persoonlike voordeel uit die toekenning van ‘n kwotasies trek nie. Enige sodanige insident sal in ‘n baie ernstige lig gesien word en dissiplinêre stappe mag teen sodanige personeellid geneem word.
-
Waar pasgroottes voorsien word, moet dit van dieselfde materiaal wees as waarvoor die kwotasie aangevra is.
-
Verskaffers sal by wyse van ‘n ePos en / of faks in kennis gestel word wat die skool se besluit was. Sodanige besluit is finaal.
-
Geen kwotasie word aanvaar indien dit nie van ‘n getekende kopie van bogenoemde voorwaardes vergesel word nie.
Deur goeie kwaliteit werk te verseker wil ons 'n beter skool bou vir ons kinders.
Projekte wat gerigistreer is :
- I00000003 - Vervanging van 10 Klasdeure
- Sluitings datum : 19/03/2010
Voltooide Take:
- Verf van pilare by saal
- Vervang vloerteels in die saal portaal (besig)
- Verf van Atletiek bane
- Tuine word reg geruk
- Vervang / herstel van sprei-ligte
- Herstel toilet geriewe.
- Herstel van BOMA
Ons wil graag die skool gemeenskap uitnooi om te help om ons prioriteits lys te bepaal, deur vir ons voorstelle, idees, probleme, klagtes ens. vir ons aan te stuur. Julle kan ons kontak dmv email :
Hierdie e-posadres is beskerm teen "spambots". Jy moet JavaScript aktiveer om dit te besigtig
Groete
Danie Weideman Beheerliggaam: Geboue en Terrein
Hierdie e-posadres is beskerm teen "spambots". Jy moet JavaScript aktiveer om dit te besigtig
|