|
Laerskool Wierdapark Rekenaarakademie
- Vraag: Wanneer gaan die klasse begin? Antwoord: Vanaf Donderdag 02 September 2010
- Vraag: Watter spesifieke opleiding gaan rekenaarakademie gedoen word? Antwoord: Word, Excel, PowerPoint, Access, Outlook, Publisher, Internet en meer.
Skillspro is tans die voorloper in kurrikulum ontwikkeling vir skole en kolleges en is 'n SETA (Sector Education and Training Authority) geakkrediteerde maatskappy. Verder waarborg 'n SAQA (South African Qualifications Authority) goedkeuringstempel die baie hoë standaard leermateriaal wat tydens die opleiding gebruik gaan word.
- Kliek hier om meer vrae en antwoorde oor bv. kurrikulum , koste, vorderingsverslae ens. aangaande Wierdapark Rekenaarakademie te besigtig.
Aangesien die groepe relatief klein gaan wees beveel ons aan dat u so spoedig moontlik registreer om u kind se plek te verseker.
- Kliek hier om u kind te registreer!
Kontakinligting
Skillspro-Centurion
Fax: 086 680 3592 E-Mail:
Hierdie e-posadres is beskerm teen "spambots". Jy moet JavaScript aktiveer om dit te besigtig
Website: www.skillspro-centurion.co.za
Welkom by die Laerskool Wierdapark tuisblad
Ons is ten volle verbind tot die verskaffing van dinamiese, Christelike moedertaalonderrig van uitnemende kwaliteit aan ons kinders binne ons gemeenskap, in vennootskap met ons ouers, deur middel van kostedoeltreffende benutting van alle hulpbronne en selfverwesenliking van al ons personeel.
Ons vaste oortuiging is om die leuse van ons skool, "ONS BOU", deel van elke leerder se lewe en wese te maak.
By Laerskool Wierdpark ontwikkel ons die kind se volle menswees. Die basis van onderrig is Christelike waardes en ons leer ons kinders om verantwoordelikheid te aanvaar vir hulle talente en regte.
Ons skool beskik oor gehalte opvoeders en uitstekende fasiliteite om leerders se volle potensiaal te ontwikkel. In hierdie strewe vorm ons ouergemeenskap ‘n integrale deel van die opvoedingspan. Hoë akademiese standaarde word altyd gehandhaaf met die hulp van hoogs bekwame en kundige personeel.
Word ‘n Wierie en wees deel van die GROEN KAMPIOEN!
|