Home Nuusberigte Nuusberigte Knock-Knock-prys

Wie's aanlyn

None

Wierdas Menu

Onderwyser Login

Hierdie Module is slegs vir die gebruik van onderwysers. GEEN ander registrasies sal goedgekeur word nie!!!!
 
Knock-Knock-prys PDF Druk E-mail

knock-knock-winnersa

Elisca is naaswenner van gesogte Knock-Knock-prys

Elisca Marais is op 22 Augustus 2010 tydens ‘n TV-opname aangewys is as die wetenskapprogram Knock knock se Bright Spark-naaswenner.  Sy het prysgeld van R 5 000 ontvang.

Elisca se ekspoprojek van 2009, ‘n bordspeletjie oor diabetes (“Dia-beter-weet”) het die aandag van die vervaardigers getrek tydens die nasionale wetenskapolimpiade verlede jaar.  Daarna het sy ‘n TV-onderhoud gedoen oor die projek, wat in Junie vanjaar op SABC 3 uitgesaai is.

Elisca bedank graag almal wat vir haar projek gestem en op allerlei maniere ondersteun het.

Tydens die laaste TV-opname is Elisca bygestaan deur die “rooi brigade”: vriende en familie wat deel was van die gehoor.  Dit was opwindend om in Prof. Pink se werkskamer te wees en die gehoor moes net koes vir die waterstofontploffings en vuurwerke!

Die Knock knock-program word op 1 September 2010 om 14:00 op SABC 3 uitgesaai en herhaal op Saterdag, 4 September 2010, om 06:30.  Moet dit nie misloop nie!

 

Advertensie Bannier

Banner
Copyright © 2010 Laerskool Wierdapark. All Rights Reserved.
Joomla! is Free Software released under the GNU/GPL License.