Home

Wierdas Menu

Onderwyser Login

Hierdie Module is slegs vir die gebruik van onderwysers. GEEN ander registrasies sal goedgekeur word nie!!!!

Wie's Online

None
 
Welcome to the Frontpage
Knock-Knock-prys PDF Druk E-mail

knock-knock-winnersa

Elisca is naaswenner van gesogte Knock-Knock-prys

Elisca Marais is op 22 Augustus 2010 tydens ‘n TV-opname aangewys is as die wetenskapprogram Knock knock se Bright Spark-naaswenner.  Sy het prysgeld van R 5 000 ontvang.

Elisca se ekspoprojek van 2009, ‘n bordspeletjie oor diabetes (“Dia-beter-weet”) het die aandag van die vervaardigers getrek tydens die nasionale wetenskapolimpiade verlede jaar.  Daarna het sy ‘n TV-onderhoud gedoen oor die projek, wat in Junie vanjaar op SABC 3 uitgesaai is.

Elisca bedank graag almal wat vir haar projek gestem en op allerlei maniere ondersteun het.

Tydens die laaste TV-opname is Elisca bygestaan deur die “rooi brigade”: vriende en familie wat deel was van die gehoor.  Dit was opwindend om in Prof. Pink se werkskamer te wees en die gehoor moes net koes vir die waterstofontploffings en vuurwerke!

Die Knock knock-program word op 1 September 2010 om 14:00 op SABC 3 uitgesaai en herhaal op Saterdag, 4 September 2010, om 06:30.  Moet dit nie misloop nie!

 
Wierdas Tuisblad PDF Druk E-mail
  
Skillspro_Newsletter_background275

Laerskool Wierdapark Rekenaarakademie

-
Vraag: Wanneer gaan die klasse begin?
Antwoord:
Vanaf Donderdag 02 September 2010

- Vraag: Watter spesifieke opleiding gaan rekenaarakademie gedoen word?
Antwoord:
Word, Excel, PowerPoint, Access, Outlook, Publisher, Internet en meer.

 Skillspro is tans die voorloper in kurrikulum ontwikkeling vir skole en kolleges en is 'n SETA (Sector Education and Training Authority) geakkrediteerde maatskappy.  Verder waarborg 'n SAQA (South African Qualifications Authority) goedkeuringstempel die baie hoë standaard leermateriaal wat tydens die opleiding gebruik gaan word.

- Kliek hier om meer vrae en antwoorde oor bv. kurrikulum , koste, vorderingsverslae ens. aangaande Wierdapark Rekenaarakademie te besigtig.

 Aangesien die groepe relatief klein gaan wees beveel ons aan dat u so spoedig moontlik registreer om u kind se plek te verseker.

- Kliek hier om u kind te registreer!

 Kontakinligting

Skillspro-Centurion

Fax: 086 680 3592
E-Mail:
Hierdie e-posadres is beskerm teen "spambots". Jy moet JavaScript aktiveer om dit te besigtig
Website:
www.skillspro-centurion.co.za


Road_Race

Kliek hier om foto's te besigtig.
Kliek hier om foto's te bestel.

Welkom by die Laerskool Wierdapark tuisblad

Ons is ten volle verbind tot die verskaffing van dinamiese, Christelike moedertaalonderrig van uitnemende kwaliteit aan ons kinders binne ons gemeenskap, in vennootskap met ons ouers, deur middel van kostedoeltreffende benutting van alle hulpbronne en selfverwesenliking van al ons personeel.

Ons vaste oortuiging is om die leuse van ons skool, "ONS BOU", deel van elke leerder se lewe en wese te maak.

By Laerskool Wierdpark ontwikkel ons die kind se volle menswees. Die basis van onderrig is Christelike waardes en ons leer ons kinders om verantwoordelikheid te aanvaar vir hulle talente en regte.

Ons skool beskik oor gehalte opvoeders en uitstekende fasiliteite om leerders se volle potensiaal te ontwikkel. In hierdie strewe vorm ons ouergemeenskap ‘n integrale deel van die opvoedingspan. Hoë akademiese standaarde word altyd gehandhaaf met die hulp van hoogs bekwame en kundige personeel.

Word ‘n Wierie en wees deel van die GROEN KAMPIOEN!
 
Subscribe & Unsubscribe PDF Druk E-mail

Om te Subscribe
Kliek op Hierdie e-posadres is beskerm teen "spambots". Jy moet JavaScript aktiveer om dit te besigtig en dan op "send" om outomaties by ons databasis gevoeg te word.

Om te Unsubscribe
Kliek op Hierdie e-posadres is beskerm teen "spambots". Jy moet JavaScript aktiveer om dit te besigtig en dan op "send" om outomaties vanaf ons databasis verwyder te word.

Belangrik:
Indien u nie van 'n Pop 3 e-posadres soos Outlook, Outook Express ens. gebruikmaak nie stuur eenvoudig 'n e-pos vanaf die adres wat u wil aanteken of afteken na:
Hierdie e-posadres is beskerm teen "spambots". Jy moet JavaScript aktiveer om dit te besigtig met die "Subject" Subscribe
of
Hierdie e-posadres is beskerm teen "spambots". Jy moet JavaScript aktiveer om dit te besigtig met die "Subject" Unsubscribe.
'n Voorbeelde van so 'n e-posadres is Yahoo, Gmail ens.
Voortaan sal bogenoemde die enigste opsie wees vir aan en afteken vanaf die e-pos databasis.  
Geen e-pos met aan of afteken instruksies sal aanvaar word nie.
 
Advertensiepakkette PDF Druk E-mail
Aandag alle Wierie Adverteerders!

Ons nuwe 2010 advertensie pakkette is soos volg:

Besigheidskaartjie
- R70 (Slegs harde kopie)

1) A6 - R250 wat harde kopie sowel as elektroniese bemarking op ons webtuiste en e-pos stelsel insluit
2) A5 - R290 wat harde kopie sowel as elektroniese bemarking op ons webtuiste en e-pos stelsel insluit
3) A5 Voorblad - R350 wat harde kopie sowel as elektroniese bemarking op ons webtuiste en e-pos stelsel insluit
4) A4 - R450 wat harde kopie sowel as elektroniese bemarking op ons webtuiste en e-pos stelsel insluit

Vir 'n addisionele R50 op bogenoemde 3 pakkette, sal 'n logo met 'n skakel van u webtuiste op die elektroniese nuusbrief aangebring word.

Dit sal beteken dat weeklikse advertensies van u besigheid nou DIREK na ons aangetekende gebruikers (1550+) gestuur sal word as deel van die elektroniese nuusbrief, en ook op ons webtuiste beskikbaar sal wees.

Dis beslis lonend aangesien ons die nuusbrief, weekliks, na meer as 1500 aangetekende gebruikers uitstuur. Ons gebruik dieselfde inligting as die advertensie wat u in die Wierie plaas. U kan 'n maksimum van 5 images/foto's op die webtuiste publiseer.

Baie addisionele inligting soos bv. spesiale aanbiedings ens. kan gebruik word in die elektroniese advertensie wat beteken dat u ekstra advertensie spasie op die webtuiste en e-pos stelsel kan ontvang, teen geen ekstra koste!

Kontak Annaline gerus by 012 654 3350 of Hierdie e-posadres is beskerm teen "spambots". Jy moet JavaScript aktiveer om dit te besigtig vir besprekings of vêrdere navrae.
 

Advertensie Bannier

Banner
Copyright © 2010 Laerskool Wierdapark. All Rights Reserved.
Joomla! is Free Software released under the GNU/GPL License.
 

Kalender

July 2010
M T W T F S S
28 29 30 1 2 3 4
5 6 7 8 9 10 11
12 13 14 15 16 17 18
19 20 21 22 23 24 25
26 27 28 29 30 31 1

Wisselfoto's

WDR-486 DSC_0351 WDR-396 IMG_0161 IMG_1581 IMG_0414 WDR-139 WDR-505 IMG_2312 WDR-191

Wie's Aanlyn

We have 24 guests online